Posted on

TIPS ON CONFIDENCE

My friend Daniëlla is a local news reader and I asked her a few questions on how to build confidence and stay calm in stressful situations. We did the Q&A in Afrikaans and I translated the top tips that I would like to highlight. The complete Afrikaans interview can be found after the photo.

 

Q: What advice would you give someone that would like to build their confidence.

A: Put yourself in situations outside of your comfort zone. Do things that scare you and don’t give up when you make mistakes or make a fool of yourself – that will happen, and it’s okay.

Q: Three golden rules for public speaking

A: 1. Preparation – don’t think that you can wing it. 2. Practice makes perfect. An organisation like Toastmasters and repetition can help you to build experience. 3. Be yourself. Try to stick to subjects that you find interesting and have knowledge on.

 

Daniëlla van Heerden – photo by her husband, photographer Cornel van Heerden

 

 

My vriendin Daniëlla is ‘n nuusleser en dosent en in my opinie die perfekte persoon om raad te gee oor hoe om jou selfvertroue ‘n hupstoot te gee en kalm te bly in moeilike situasies. Ek het haar ‘n paar vrae gevra:

– Wat sal jou raad wees aan iemand wat meer selfvertroue wil kweek. Is dit iets wat jy mee gebore word, of kan jy aan dit werk? 

Jy kan beslis daaraan werk! Daar is enkele van die nuuslesers in ons kantoor wat van nature gemaklik en vol selfvertroue is, maar die meeste van ons moes dit maar aanleer.

My raad sal wees om jouself doelbewus uit jou gemaksone te plaas, dinge te doen wat jou bang maak en nie op te gee as jy foute maak of soms jou naam krater maak nie – dit gaan gebeur, en dis oukei.

 

– Drie goue reëls, volgens jou, vir voor mense praat.

1. Voorbereiding. Moenie dink jy gaan dit net “wing” nie, dis wanneer mense begin babbel of nonsens praat. Jy hoef jou woorde nie uit jou kop te leer nie, maar gaan sit en werk ‘n raamwerk uit, met kernwoorde, en oefen jou toespraak genoeg voor die tyd.

2. Oefening en ervaring. As jy bang is om voor mense te praat maar dit tog moet/wil doen, sluit aan by ‘n organisasie soos Toastmasters waar jy opleiding en blootstelling kry om voor mense te praat. Wanneer jy iets oor en oor en oor doen, word dit alledaags.

3. Wees jouself. Probeer sover as moontlik praat oor ‘n onderwerp waarin jy belangstel en waarvan jy kennis dra. Moenie te veel fokus op jou taalgebruik en styl nie, en moenie soos iemand anders probeer klink nie. Jy hoef glad nie te formeel of hoogdrawend te praat nie.

 

– Jy het daagliks stresvolle situasies, veral as jy regstreeks die nuus lees. Hoe hanteer jy hierdie situasies en bly jy so koel en kalm?

Dit lyk eintlik net so op die oppervlak!

Veral wanneer dinge skeefloop, knaag die senuwees maar erg. Maar oefening en ervaring help ook baie. Wanneer jy ‘n paar keer ‘n situasie moes hanteer (soos die teleprompter wat vries) leer jy uit jou foute en dit maak dit makliker wanneer dit weer gebeur.

Dit help ook om te weet ons het ‘n sterk span wat saamwerk aan die produk agter die skerms.

 

– As jy die dag glad nie lus is nie, hoe skep jy die moed bymekaar om uit te stap en steeds te “perform”.

Ek “fake” dit maar! Dit help nogal as jy weet jy is in ‘n beroep waar mense jou fyn dophou en jou slegte dag baie sigbaar is.

Dan probeer ek maar in daardie oomblik in ‘n ander “zone” ingaan en fokus op die taak wat ek moet doen (om kykers in te lig oor die dag se belangrikste gebeure) eerder as my gevoelens.

 

– Wat hoop jy sou die grootste les wees wat jy vir jou studente leer?

Ek is ‘n dosent aan die IIE MSA privaat universiteit (voorheen Monash) in Ruimsig in Johannesburg. Ek doseer joernalistiek en veral TV-joernalistiek.

Ek probeer hulle leer dat jou graad alleen nie sukses gaan verseker nie, veral in die joernalistiek. ‘n Sterk akademiese agtergrond is goed, – maar om ‘n suksesvolle verslaggewer te wees, verg baie ander eienskappe:

Spanwerk, deursettingsvermoe, durf, “people skills”, jy moet druk kan hanteer en planne maak!